Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/09/03

Q.

Onrustig en huil snags

Dokter,

My dogterjie is 13 maande oud. Is dit normaal vir ' n kind om sommer net wakker te word en te huil terwyl sy slaap. Dis soos ' n alarm wat afgaan in die aand, sy huil net eweskielik. Sy slaap ook vreeslik onrustig, sy is heen en weer in haar campcot die hele aand!

Ek is moedeloos en wonder net of iets nie haar dalk pla nie. Dalk kry sy net nie die regte slaap posisie nie.

Is dit normaal?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar mag verskeie redes wees vir jou baba se slaap probleem. Miskien is sy nou besig met tandekry maar 'n ander rede is moontlik dat sy nog sukkel met refluks en soibrand as gevolg van die refluks.'n Ander probleem wat dikwels babas onrustig mak is 'n toe neus.Die feit dat sy so onrustig is is natuurlik nie normaal nie. Die beste sal wees om haar pediater raad te pleeg net om seker te maak dat sy nie nog sukkel met refluks of miskien 'n ander rede het wat haar so onrustig maak terwyl sy slap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.