Childhood Diseases

Question
Posted by: Concerned Aunt | 2010/12/07

Q.

Ondervoeding en oordosering

Hi ek wil graag uitvind hoe weet jy wanneer n kind ondervoed is. Ook wil ek weet as n kind elke dag pynstroop ingegee word om te slaap, natuurlik raak die kind verslaaf daaraan hoe gaan mens te werk om daardie kind te kry dat hy dit nie meer nodig het om te slaap nie.

Ek is bekommerd oor my suster se 3 kinders haar seun is nou 7mnde oud hy kry elke dag pynstroop om te slaap ens dit is nou al so erg dat hy nie meer daarsonder kan funksioneer nie ons as familie het nou ingegryp en die kinders gevat, maar ek het raad nodig hoe om te maak met die kind hy skreeu die heeldag ek is seker dit is agv die feit dat hy nou nie meer van die stroop kry nie, Help asb.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag. Ons weet presies wat is die gemiddelde gewig vir 'n baba seuntjie van enige ouderdom. Indien jy sy ouderdom,gewig en lengte verskaf sal ek besluit of hierdie baba ondervoed is of nie. Dit is beslis nie 'n goeie idee om elke dag pynstroop vir 'n baba in te gee nie.Van hierdie pynstrope vir kinders bevat kodeiene wat kan veroorsaak dat die baba verslaaf kan raak aan die middel. Een van die hoof simptome van 'n baba wat verslaaf geraak het op een van hierdie soort strope is om heeldag te skreeu.Ek sal aanraai dat hierdie baba deur 'n pediater ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Lizette | 2011/01/24

Ek wil graag uit vind of daar ''n tabel is wat vir jou kan se op watter ouderdom behoor jou kind hoeveel te weeg vir sy lengte?

Reply to Lizette
Posted by: concerned aunt | 2010/12/08

Baie Dankie ek waardeur dit regtig baie ek sal verseker sorg dat hy by n pediater uitkom. Ek het net nog een vraag. Wat veroorsaak anemie by kinders en hoe word dit behandel ook wil ek weet wat is die simptome.

Reply to concerned aunt

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.