Childhood Diseases

Question
Posted by: pixie | 2009/04/01

Q.

Ondergewig 4 jarige

Goeiedag Dokter,

Ek het al voorheen u raad gevra. My seuntjie is 4 en by tye baie aktief. Hy weeg 13.3 kg en is 1m lank. Beide my man en ek is maer van nature. My seuntjie eet soos ' n voeltjie. Hy was al vir baie toetse waar slegs bevind is sy yster is laag (hy is al vir so jaar op ferrimed). Hy kry ook elke dag biostrath en viral choice jnr. My man werk konstant oorsee en is vir 3 weke weg en dan weer 1 week tuis. My seuntjie is ook chronies moeg, veral as hy opstaan in die oggend (alhoewel hy goed slaap).

U het verlede keer aanbeveel dat hy vir seliaksiekte getoets word, volgens sy pediater sou hy al van baba dae af tekens van hierdie siekte getoon het en na deeglike ondersoek het sy bevind dat hy nie aan hierdie siekte ly nie.

Hy is rerig baie maer en my hart breek as ek hom vasdruk en as hy nie wil eet nie.

Wat kan ek doen? Is daar iets wat ek vir hom kan gee soos ' n aptytwekker? Die pediater het ook gese dat my seuntjie verlang na sy pa (ek weet dit alte goed...) en dat hy nie eet nie omdat hy omgelukkig is. Ek probeer my bes, wat kan ek nog doen of waarvoor moet hy nog getoets word? (Hy was negatief getoets vir kanker).

U raad word soos altyd waardeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek bly bekommerd oor jou seun. Tewyl ek saamstem dat hy verlang na sy pa, moet daar 'n ander rede wees dat hy so sleg eet en hy so erg ondergewig is. Ek beveel aan dat jy 'n tweede opinie moet kry.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.