Childhood Diseases

Question
Posted by: Claire | 2011/11/28

Q.

Omloop

Geagte Dokter,

My seuntjie is 20 maande oud en het ''n vel-probleem op sy borsie. Sy pediater het vir ons gesê  hy het ''n " omloop"  en Lamisal-room voorgeskryf. More is dit 2 weke wat ons die salfie ten minste 2x daagliks aansmeer maar ons sien nog geen verskil nie. Die omloop is nou maklik al 2 maande daar want ons het vooraf ook salf probeer wat nie gewerk het nie.

Enige raad sal baie waardeer word.

Byvoorbaat dankie en Groete,
Claire

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie.Indien jou seuntjie se veluitslag wel 'n omloop is, behoort dit beslis al te genees geword het deur die Lamisil salf. Dit is nou die tweede salf wat gebruik is sonder enige sukses. Wat nou nodig is is 'n vaste diagnose van sy vel-probleem op sy borsie. Dit is nodig om 'n dermatoloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.