Childhood Diseases

Question
Posted by: Selma | 2008/11/03

Q.

No " 2"  glipsies op 5 jarige ouderdom

My dogtertjie is nou 5 en kry die laaste 2 of 3 maande nogals gereeld " glipsies"  wanneer sy - volgens haarself - te lekker speek en dan nie betyds by die badkamer uitkom nie. (no 2) Ons het met haar daaroor gepraat en het haar ook pak gegee toe ons sien dit hou nie op nie - wat ek nou weet dalk nie die regte ding was nie, want dit gebeur meer gereeld en sy steek dit ook vir ons weg.
Ek het begin om ' n groor ophef daarvan te maak as sy in die aand nog dieselfde broekie aan het en dit is nie vuil nie - maar dit het die naweek weer gebeur. Behalwe dat daar dalk iets sielkundigs fout kan wees - of wat pla - kan daar medies gesproke ' n rede wees hoekom dit gebeur - dalk iets wat ek na moet laat kyk deur ' n spesialis dalk?
Sy moet Januarie na ' n nuwe skool gaan (Graad R) en ek dink sy is bietjie bang daarvoor - dit dalk dan die rede vir die " sielkundige"  rede.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem wat 'enkoprese' genoem word is gewoonlik as gevolg van 'n sielkundige rede.Die beste sal wees om 'n kinder-sielkundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: japie | 2013/11/29

Ek het by n vrou betrokke geraak met 2 kinders. Dogter 11 en seun 10. Ons is nou getroud en ons het n probleem wat al blykbaar van kleinsaf saam met die kinders kom. Die dogter het in die nag nr 1 glipsies gekry maar ons het haar darm nou gehelp om die probleem te oorkom. Die seun egter is n ander probleem. Hy is briljant slim en gesels oor wetenskaplike dinge en dinge wat my verstom laat staan maar hy kry gereeld nr2 glipsies en dan loop hy so met sy vuil klere tot ons agterkom dat daar n probleem in sy broek is en hom stuur om homself te gaan skoonmaak. sy maatjies en die onderwysers verstoot hom nou al daardeur en ons het moo gepraat , geraas , gedreig en omgekoop maar niks help nie . As mens hom vra hoekom hy dit doen dan se hy net hy het vergeet om toilet toe te gaan . Ek wil bitter graag die probleem oplos want as n mens gaan kuier by mense dan skep dit n verleentheid vir ons . kan iemand asb raad gee.

Reply to japie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.