Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2011/02/14

Q.

Neut allergie?

More dokter,

Ek wil net weet of ek bekommerd moet wees.

My dogtertjie van 2,5 jaar is al van kleins af ''n redelike allergiese kind, maar niks ernstig nie. Sy is defnitief soya sowel as laktose intolerant. (na baie lank se wonder wat met haar verkeerd is)

Sy drink maar Laktose vrye melk in haar tee (maar eet tog kaas, joghurt ens.)

Ek het Vrydag vir haar Cashew-neute gegee en binne ''n paar minute het sy ''n rooi uitslag op haar wange (meer op die een wang) ontwikkel. Gister toe eet sy Gino-ginellie (spelling?) roomys wat neute in het en sowaar weer ''n erg uitslag op die gesiggie gekry.

Nou begin ek stres en dink dat sy dalk ''n neut allergie ook het. Dit gebeur mos dikwels dat dit opbou en dan kom ''n erge reaksie net een dag.

Moet ek dalk vir die skool vra om glad nie bv " peanutbutter broodjies"  vir haar te gee nie?

Kan dit ''n teken van iets ernstig wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ja, hier is beslis 'n probleem met allergie vir neute.Hierdie simptome is die eerste tekens van 'n neut allergie. Dit is nie 100% seker dat jou dogtertjie ook allergies is vir peanut op hierdie stadium. Jy is heeltemal reg, hierdie soort allergie kan opbou en later baie ernstig en gevaarlik wees. Dit is uiters nodig dat jou dogtertjie deur 'n pediatriese allergis ondersoek en getoets moet word om vas te stel of sy vir cashew en ook ander neute insl peanut allergies is of nie en hoe erg is haar allergie vir hierdie neute.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.