Childhood Diseases

Question
Posted by: A | 2008/11/10

Q.

Nappy Rash

Wat kan ek vir my baba (6 en ' n half maande oud) se boude gebruik? Kan sy allergies wees vir die zinc in die salf? Ek gebruik net poeier want as ek Fissan of so iets aan haar boude smeer word dit rooi. Die probleem is as sy ' n vuil doek het brand haar boudjies en is dan weer rooi omdat daar nie regtig iets om daarteen beskerm nie. Mense se dit word erger as sy tande kry. EK het al bepathen, en antipeol gebruik wat ook nie gehelp het nie.
Nog ' n vraag. Sy het ' n karkaatjie op die onderste lid van haar regter ogie. Ek smeer salf aan. Wat is die rede dat sy dit kry?
Baie dankie vir die hulp
A

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moontlik dat jou baba allergies is vir een of ander van die bestandele in die veskillende salwe. Fissan salf bevat 'n melk bestandeel en ook natrium bensoaat wat 'n veluitslag wel kan veroorsaak.Die beste sal wees om 'n pedatriese allergis te raadpleeg om 'n diagnose te maak en die regte behandeling voor te skryf.
'n Karkatjie is 'n inflammasie en infeksie van die klier by die basis van 'n ooghaar.Aangesien die salf nie help nie is dit nou tyd om 'n oogspesialis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Mom | 2008/11/11

Probeer om gewone vaseline aan te sit, dit werk net so goed soos fissan salf, en het dalk nie al die ander bestandele in wat allergiese reaksie kan veroorsaak nie. Ek gebruik dit vir my 22 maande oue seun en hy het ekseem, so hy het ook n baie sensitiewe vel

Reply to Mom

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.