Childhood Diseases

Question
Posted by: Amanda | 2009/12/16

Q.

Nap time

Goeiedag, ek wil net graag weet wat is die regte manier om jou kind aan die slaap te maak. My baba is 4 maande oud en sodra hy begin vaak word lê  ek hom op sy sytjie neer dan stoei hy en skree en op die ou einde kry ek dit eers reg dat hy stil op sy sytjie lê  terwyl ek hom op sy boudjies aan die slaap sis. Wil net graag weet wat is die regte manier want dit is elke keer ' n gehuil en ' n gesikkel voor slaaptyd.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

iskien sal Dit sal miskien makliker wees om eers vir jou baba in jou arms te hou en te sis totdat hy aan die slaap raak. Dan kan hy op sy rug [miskien is hy nie gewoond om op sy rug te slaap nie] of op sy sytjie neer gele word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: anon | 2009/12/17

Hi Amanda,

Wat ek gewoonlik gedoen het toe my baba nog baie klein was, is ek het hom eers bietjie vasgehou soos die doc geskryf het en dan neergele. Hy was meeste van die kere nog nie vas aan die slaap waneer ek hom neerle nie. Maar so het hy geleer om self aan die slaap te raak. Ek sou dadelik die kamer verlaat. As hy dan weer huil het ek hom eers kans gegee om te kyk of hy nie wel aan die slaap wil raak nie, Let wel, as hy histeries huil, het ek dadelik teruggegaan. Dit was nie lank nie en hy het self leer aan die slaap raak. Probeer dit. O ja, hy het net op sy ruggie geslaap. Hy is nou oor die 5 maande en begin al omrol, so nou slaap hy op sy sytjie of draai self tot op sy magie.
Jy kan ook ' n dummy gebruik, dit help ook om hulle rustig te hou. My seuntjie huil as hy baie moeg is, dis hoekom ek se ek het hom eers vir ' n rukkie gelos want ek was seker dit was omdat hy baie moeg was.

Reply to anon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.