Childhood Diseases

Question
Posted by: tears | 2008/06/09

Q.

nagvoeding, tantrums, en nog meer

HI dok,

My naam se presies hoe ek op die stadium voel.

Help asb. My meisiekind word 16 maande.

Die afgelope maand wil sy deur die nag ook voeding he. 4 bottels om presies te wees. Ek het haar op Novalac 3 maar die afgelope week in die aand op Novalac SD. Sy het gewoonlik deur die nag geslaap en soms tee of 2 bottels melk gedrink. Maar nee dit het verander. Sy kry genoeg kos in want ek sorg dat sy in die aand 'n bakkie gekookte kos kry. In die middag wissel dit van worsie en eier of pasta ens. Deur die dag kry dan ook yoghurt en 2x 'n week 'n lekkertjie of chippies.

Sy huil en droom ook verskriklik. Maar wat my die verskriklikste pla is. Sy stoot my weg en as ek naby haar kom skreeu sy. Dis nonsens dat dit net 'n stadium is want dit gaan nou al 3 maande so aan.

Soms wil sy my dan net he. Dit raak my nou al so dat ek elke oggend opstaan en huil as sy dit begin doen.

Sy gooi ook tantrums en ja ek raps haar boud dan maar dan voel ek ook soos 'n hond.

Ek doen alles vir haar en op die stadium voel dit of ek net sal staak en vir haar pa se de doen jy dit nou maar.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hiedie probleem kom byna elke dag op hierdie forum voor. Jou baba het geleer dat sy net een keer moet huil en jy is onmiddelik daar by haar. Dit is nou tyd om haar te leer dat sy moet ophou met hierdie gedrag.Sy kry genoeg kos en melk en dit is nie die rede vir haar gedrag nie. Julle sal die 'controlled crying method' moet gebruik.Jou man moet definitief ook help met hierdie program. Wanneer sy begin huil moet sy vir minstens 5 minute huil voordat jy na haar toe gaan. Sus haar en gaan dadelik weer bed toe. Moet haar nie melk gee nie. Wanneer sy weer begin huil, moet sy een minuut langer huil elke keer voordat jy na haar toe gaan. Na 'n nag of twee van hierdie program sal sy so moeg raak dat sy elke keer net vanself weer aan die slaap sal raak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Jane | 2008/06/09

Jammer maar ek moes nou lag toe ek jou brief lees, want ek weet PRESIES hoe jy voel. My dogtertjie is nou 22 maande en het presies dieselfde gedoen van 19 maande af. is Sy het ook begin om my weg te stoot en net haar pa te wil hê. Ek het ook hoeveel kere saam met haar gehuil uit frustrasie uit omdat ek haar wil troos en sy my letterlik weg stoot van haar af. Ek het een aand my oe uitgehuil by die pa omdat ek 'n slegte ma is en sy my nie as haar ma wil hê nie. Sy was op 'n stadium op medikasie vir kroep en toe het sy letterlik agressie aanvalle gehad wat sy ons weg geklap en skop het (is van nature 'n liefdevolle kind). Ek het die medikasie gestop en sy het rustiger geraak.

Oor die sleg slaap: Sy was ook 'n goeie slaper, het van half 7 aande tot soggens 8uur geslaap sonder om wakker te word. Toe begin sy snags wakker word en bly dan tot 2/3 uur aaneen wakker wat sy heeltyd huil en moan (nee dit was NIE tande NIE) en al wat haar rustig gemaak het was as sy by haar pa op die bed gaan slaap het en ek maar getrek het. Toe besluit ons dit is nonsens en pas toe huilterapie toe. Het haar gelos dat sy huil. Die eerste twee nagte was nie lekker nie. Sy het 'n uur lank by haar toe deur gehuil / stil gebly / gehuil / stil gebly, maar nag 3 het ons die verandering begin sien. Sy raak nog soms wakker, maar klim glad nie van die bed af nie, huil 2 minute lank en slaap dan verder. Wat ek ook gedoen het is om 'n helderder bedliggie aan te los en om haar bed vol beertjies en poppies te pak saam met haar.

Sterkte, ek weet hoe dit voel!!!

Reply to Jane

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.