Childhood Diseases

Question
Posted by: Patricia | 2009/10/20

Q.

MY KLEINKIND IS 4 MAANDE EN 2 WEKE OUD EN HET GASTRO EN MANGELONTSTEKENING

More Dr,

My kleinkind is 4 maande en 2 weke, hy het gastro en mangelontsteking gekry en ons het hom by n dr. gehad. Hy het medikasie gekry en is baie beter al, hy is op Lactogen 1 en op 200ml met 8 scoopies.

Ons het vir hom nou begin vaste fyngemaakte groente met n artappeltjie begin gee so 2 lepeltjies 1 keer per dag. Die eerste het hy geen probleme ondervind nie, maar gisteraand het ons ge-eet en hy het in sy loopring gesit en soos n baba maak wou hy graag ook maar net proe-proe aan sy mamma se kossies.

Ongeveer n uur en ' n half het die baba net begin aanhoudend huil, dit was n baie eina huil, ek as ouma sit gewoontlik n rou eier in my kappok artappel dan maak ek dit fyn kan dit wees dat die eier die oorsaak was van al die pyn op die magie, moet ons wag en maar net aanhou met die Lactogen

Ek het desperaat raad nodig want baba wil eet asb.

Hy is van geboorte af sterk en baie gesond wat stel u voor dr.


Beste groete


Bekommerde Ouma

Expert's Reply

A.

Paediatrician

'n Loopring word nie op 4 maande aanbeveel nie. Ook nie aartappels en eiers op 4 maande. Hy moet net rys of baba mielie pap nou eet en appel of peer.Lees meer in die verband op:www.babynet.co.za

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anon | 2009/10/20

More Bekommerde Ouma

Moet asb nie vir jou kleinkind eier gee voor ' n jaar nie. Ek dink ook die aartappel was dalk te swaar op sy magie daai tyd van die aand.

My seuntjie het ook op 4½  maande begin vaste kossies eet. Maak net seker dat hy " ligte"  kossies eet en ook vroeg aand tot sy gestel die vaste kos gewoond is.

Ek weet Oumas glo hulle weet beter, want hulle het al hoeveel kinders en kleinkinders grootgemaak. My skoonma mag natuurlik glad nie vir my kind kos gee - haar kos is baie ryk en maak my kind baie siek. Ek alleenlik gee vir hom kos en hy is blakend gesond.

Reply to Anon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.