Childhood Diseases

Question
Posted by: JEN | 2010/11/17

Q.

Moet ek maar formule aanbied?

Hallo dok
My seuntjie (gebore op 36 weke) is nou 8 weke oud. Ek borsvoed hom maar het ''n paar dinge wat my pla en dit voel vir my of ek moet oorgaan formule toe maar het eers raad nodig.

Hy drink meeste van die kere elke 2 ure dan drink hy vir omtrent 5-6 minute slegs aan een bors. Die volgende voeding sit ek hom dan op die ander bors. Hy sal baie mooi latch en rustig drink vir so paar slukkies maar sodra die melk afkom dan begin hy vreeslik te sluk en die melk loop meeste van die keer by sy mond uit en dan los hy my bors. Dan vat en los hy heeltyd so vir die tydperk wat hy drink tot hy uiteindelik slaap of net los om weer te latch. Hy tel sy gewig op wat hy moet so ek glo hy kry genoeg melk, maar ek kry hom nie om meer te drink op een slag nie dus laat ek hom maar elke twee ure drink. Ek gaan oor twee maande terug werk toe en gaan nie die twee uurlikse voedings kan deurmaak nie.

Nog iets wat my pla is dat van die voordele van borsvoeding sluit in dat jy ''n gesonde baba het wat nie sommer siek raak nie en hulle magies is gesond ens. My baba het al van geboorte af ''n toe neusie en sy maag is nie altyd lekker nie. Hy kry baie krampe voor hy ''n stoelgang het en dit het verander van die sagte geel wat dit moet wees na ''n loperige doek wat nie ruik nie. Hy huil nie sommer nie so ek kan nooit agterkom of hy wel in pyn of siek is nie. Ek gee hom probiflora poeier elke dag asook iberogast druppels as dit lyk of hy die dag onrustig is en sy maag baie kramp.

Sal dit dalk beter gaan as ek hom oorsit op formule? Kan ek borsmelk en formule kombineer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die belangrike punt hier is dat jou baba wel goed gewig optel. Daar is geen twyfel dat hy genoeg melk drink, miskien drink hy eintlik te veel melk want sy stoelgang is geel maar redelik los.Hy het ook die gewone 3 maande koliek en die Ibergast sal hom help. Ek sal aanraai dat die Probiflora gestop moet word want dit is miskien ook die rede dat sy stoelgang so los is. Probeer om aan te hou om jou baba te borsvoed maar probeer ook om sy voedings minstens elke drie uur te gee. Indien jy nog sukkel sal dit 'n goeie idee wees om jou naaste borsvoedings kliniek by te woon.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.