Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe ma | 2010/02/24

Q.

moeilik wanneer hy moet slaap

Hi, my seuntjie is nou 6maande oud, maar wanneer hy moeg raak en dit tyd is vir my om hom aan die slaap te maak, is dit omtrent ''n storie. Hy Skree (soos ''n skraal gil) en hy trek sy lyfie stokstyf, hy is verskriklik moeg maar wil nie sy oe toe maak nie. Ek probeer hom sus en alle maniere maar niks werk nie.
Hy sal eventually net skielik ophou huil en dan slaap. Hoe kan ek die proses makliker maak?
Nog ''n vraag, tot watse ouderdom hou Reflux aan?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar moet iets wees wat jou babatjie wakker hou. Ek vermoed dat dit wel refluks mag wees. Probeer om vir hom Gaviscon Liquid 1.25ml na elke voeding, maar nie meer as 5 keer per dag te gee en sien of dit verligting bring. Indien hy verbeter sal dit nodig wees om sy pediater te raadpleeg vir meer effektiewe behandeling van sy refluks. Dit is moeilik om 'n antwoord te gee oor jou vraag tot watter ouderdom hou refluks aan. Elke baba is anders maar gewoonlik ontgroei babas hierdie probleem om en by 18 maande ouderdom.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.