Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/08/21

Q.

Melk opbring

My baba dogtertjie is 8 maande oud. Sy drink Nan 2 formule melk. Sy drink seker so 4 bottels melk per dag en so 200ml op ''n slag. Sy eet purity middag en aand en in die oggende pap. Maar omtrent elke 2de dag bring omtrent seker alles op. Maar dan voel sy beter. Moet ek haar melk verander of afhaal van die melk? Ons GP het gese sy het bietjie van ''n asma borsie, so ons gebruik elke dag haar asma pompie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek kan geen rede sien om jou baba se formule te verander. Indien sy allergies gewees het vir melk sou sy na byna elke voeding opgooi. Sy het miskien 'n ligte vorm van refluks, maar meer waarskynlik is dat sy haar bottel te vinnig drink en sluk terselfde tyd te veel wind in. Sy gooi op net van tyd tot tyd en dit is nie iets wat elke dag of na elke voeding gebeur nie. Wat belangrik is dat sy gereeld gewig optel.Indien haar gewig normaal is vir haar ouderdom kan sy aanhou om dieselfde formule te drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.