Childhood Diseases

Question
Posted by: OUMA | 2011-03-14

Q.

MELK FORMULE / OPBRING

Dagsê  dr. My kleinkind is nou byna 10 weke oud. Sy het 2.56kg by geboorte geweeg en tel mooi gewig op en weeg tans 4.1kg. Sy kry 3-4 uurliks 125ml S26 melk formule. My probleem is dat sy baie van haar melk opbring, nie bietjie op ''n slag nie, 3 tot 4 maal maklik 8-10ml op ''n slag. Is dit normaal. Sy gebruik geen medikasie nie, ek kom wel agter dat sy met tye ''n bietjie van ''n toe neus het. Nie ernstig nie. Sy slaap ook nie baie nie. Sy sal soggens om 5 of 6 uur wakker word en wakker bly tot 12 uur of selfs tot na 3 en as sy dan wel aan die slaap raak is sy baie rusteloos en kort-kort wakker. Snag slaap sy so 6 ure aan een.
Het u dalk vir my enige raad. Ander melk miskien??????

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba kleindogtertjie het wel goed gewig opgetel maar haar gewig is nog laer as die gemiddeld vir 'n baba van 10 weke,5.4kg.Die rede is miskien haar lae geboortegewig of miskien die feit dat sy 'n refluks probleem het. Haar ander simptome veral die feit dat sy rusteloos is wanneer sy slaap is miskien ook as gevolg van 'n refluks probleem. Probeer NAN AR formule en sien of sy minder opbring en minder rusteloos is. Indien nie sal dit nodig wees om haar pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.