Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/11/04

Q.

Melk en hardlywigheid

Goeie dag dokter,

My dogtertjie is nou 15 maande oud. Ons het eerste Nan tot op 5 weke oud probeer maar sy was moeilik, uitslag en maag krampe gehad. Toe is sy vir lank op Isomil (maar het haar baie hardlywig gemaak en toe kom ons agter sy is soya sensitief).

Daarna was sy op Nan LF, wat die beste gewerk het.

Sedert 1jaar oud het ek haar op Parmalat se Lactose Free boksie melk gesit (ek weet dit is lae vet, maar haar pediater het gese dit is reg want sy eet wel kaas en joghurt). Maar hierdie melk maak haar vreeslik hardlywig (elke dag klein harde albasters!!!)

Maar sy het meer kaas en joghurt geeet, en niks makeer nie. Toe besluit ek om so 2 weke terug haar op gewone Clover volroom melk te sit en dit te probeer. Maar sy het so 2 dae later ' n uitslag op haar magie ontwikkel (klein rooi knoppies), en ook ' n toe en looperige neus.

So ek het maandag weer terug gegaan na die Lactose Free van Parmalat. Die uitslag is nou weer amper weg. Maar die hardlywigheid is terug!!!

So nou verstaan ek dit nie??? Wat moet ek vir haar gee??

Het dokter enige raad?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie vraag is moeilik om te antwoord want dit lyk asof jou dogtertjie allergies is vir melk en soja.Miskien sal die beste wees om rysmelk te probeer.Maak seker dat sy baie vrugte en vesel-ryk voedsel eet en ook water,rooibos tee en vrugte sappe drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.