Childhood Diseases

Question
Posted by: Louise | 2009/08/19

Q.

Melk

Goeie dag,

My dogtertjie van 16maande was verlede week siek met ' n baie hoe koors. Oor die naweek het haar ore so erg seer geword dat sy glad nie wou slaap en drink nie. Sy is nou beter maar ek sukkel nou om haar te kry om genoeg vloeistowwe in te neem. SY het altyd al haar melk gedrink en sou meer drink as mens meer gee. Sy drink nou skaars 70ml(rooibos tee met bietjie melk) in die oggend en in die aand as sy gaan slaap raak sy ook aan die slaap nog voordat sy 60ml van haar melk gedrink het. Sy drink deur die dag 2bottels melk van 150ml (ook met moeite) maar verder wil sy niks drink nie. Ek probeer ook laat middag sap gee maar sy wil ook skielik niks daarvan weet nie. Ek wil nie graag iets by haar melk gooi sodat sy dit drink nie. Daar was nog nooit ' n probleem vir haar om te drink nie. Dit is net nou dat sy sy siek was. Wat moet ek doen?
Baie dankie vir al u raad

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is belangrik om seker te maak dat jou baba se neus mooi oop is. Gebruik Salex neusdruppels soggens en saans om haar neus oop te maak. 'n Probiotika soos Probiflora sal ook help om haar weerstand op te bou.Sy sal weer alles begin drink wanneer sy beter voel en weer gesond is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: M6 | 2009/08/19

Korreksie: my baba is ook 16 maande oud.
Elk let op dat sy nou veral na water soek ( ek dink dit het met die hoe koors te make)

Reply to M6
Posted by: M6 | 2009/08/19

Probeer eers afwisseling : vrugtesap/rooibos versnyding en doodgewone water. Kinders gaan deur fases - as sy beter voel gaan sy weer beter eet en drink.
My baba dogter is ook 6 maande oud: sy het ophou eet maar neem vreeslik vloeistowwe in ( verkies rooibostee swart bo melk).

Sy sny natuurlik tande 2 -4 op `n slag en ek los haar as sy nie wil eet nie: sodra die tandjies deur is en sy weer beter voel dan eet sy weer met oorgawe veral haar groente en vrugte so asof sy kan anvoel sy het vitamined nodig. Sy is gek oor appels

Reply to M6

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.