Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2009/06/30

Q.

Melk

Goeie dag dokter,

Ek wil net baie dankie sê  dat dokter my verwys het na Prof Green vir allergie toetse. Ek het my dogtertjie gister daar gehad, maar die toetse het getoon sy het geen allergie. Onder andere het hy wel gesê  dat ' n intoleransie nie sal wys nie. Het het ook aanbeveel dat sy dalk Neocate melk probeer maar dit is R570 vir ' n blikkie (belaglik!).

Ek wil uitvind, sy is nou 11 maande, en sy drink tans Nan LF. Maar ek sukkel om dit in haar te kry en sy drink nie veel nie.

Kan ek vir haar Rysmelk (woolies se " Organic Rice Milk" ) gee? En dan net vitamien aanvullings daarby. Ek weet van iemand wat se seuntjie presies my dogtertjie se probleme het en dis wat hy nou drink.

En dan wil ek ook ' n Gluten Free dieet met haar probeer.

Dankie dokter!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nie nodig om Neocate te koop nie.In elk geval sal jou baba dit op hierdie stadium glad nie wil drink nie. Dit smaak nie lekker nie. Probeer liewers 'n soja formule soos bv Isomil 2 en sien of sy dit sal drink. Skryf gerus weer indien daar nog vrae is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.