Childhood Diseases

Question
Posted by: Blommetjie | 2011/04/14

Q.

Mangels in 2,5 jarige

Hi Dokter,

Ek sukkel vreeslik met my dogtertjie van 2 jaar 8 maande. Sy het ''n bronchitus tipe hoes nou al vir meer as 4 weke! En die neus is ook gereeld vol groen " snot" .

Sy het ook al 2 keer hierdie jaar antibiotika vir Mangelontsteking gehad en voor sy 2 was het sy seker ook al ten minste 5 keer mangelonsteking gehad.

Ek is raadop en wonder of ek nie dalk haar mangels kan laat uithaal nie. Ek is amper seker dis haar mangels wat die probleem gee. Ek weet sommer sy gaan dit weer in die winter ''n paar keer kry en ek sien nie kans om weer vir haar so baie antibiotika te gee nie.

Dink dokter dit is heeltemal te vroeg om die mangels uit te haal? Ons huisdokter het reeds gese as sy nog 2 keer dit kry hierdie jaar sal ons dit maar laat uithaal.

Maar ek wil sommer dit nou doen!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem heeltemal saam,dit is nou hoog tyd dat jou dogtertjie se mangels uitgehaal moet word.Sy is nou op die regte ouderdom vir hierdie operasie. Die beste sal wees om 'n ONK [ENT] spesialis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.