Childhood Diseases

Question
Posted by: Dollie | 2012-05-30

Q.

Mangels

Hi Doc, ek is in ''n tweestryd oor my seuntjie wat 8 jaar oud is se mangels. Soms kry hy erge mangel ontsteking en word baie siek, maar nie vir lank nie. gewoonlik net ''n dag of twee. Sy mangels is baie groot en hy sê  hy voel dit altyd in sy keel.

Die Pediater sê  op hierdie ouderdom word dit kliener en wil dit nie laat uithaal nie. Die huisdokter het ons verwys na ''n ENT en hulle albei wil dit uithaal.

My kind eet baie sleg, het ''n yster tekort maar is oor die algemeen gesond.

Wat is u gevoel hieroor en indien ons besluit om dit tog te laat uithaal stel u voor dat ons hom vat vir ''n volledige ondersoek? Ek is soooo bang vir narkose!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam met jou huisdokter en die ENT. Jou seun se mangels moet uitgehaal word. Hierdie soort mangels veroorsaak 'n kroniese mangelontsteking probleem wat jare en jare lang aanhou. Moet nie bang wees vir die narkose. Die ENT spesialis sal altyd net met 'n narkotiseur met baie ondervinding saamwerk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.