Childhood Diseases

Question
Posted by: Teresa | 2009/03/23

Q.

Mangel ontsteking

Hi daar Dr, my seuntjie van 21 maande het erg mangel ontstekingl. Hy eet of drink nie en as ek in sy keel kyk is daar sulke wit goed wat daar sit. Sy asem ruik ook baie sleg. Hy huil die hele tyd en se sy hele lyfie is seer. Ons is in Zambie en medisyne is skaars hulle het hom nou op 2 soorte antibiotika c-tax 5ml elke 12 uur en speniv 5ml 3 keer n dag en vir koors anmol. Hy gebruik dit nou al van vrydag oggend maar daar is geen beterskap wat staan my tedoen asb? Sy magie het ook nou al vir 2 dae nie gewerk nie en ek sit elke 6 uur n setpil vir koors in is dit reg so of stel dr voor dat hulle my eerder moet uitvlieg ek is regtig bekommerd oor hom!!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is bekommerd oor jou seun se mangel ontsteking aangesien hy nie verbeter op die behandeling insl 2 soorte antibiotikas. Die feit dat jy wit goed op sy keel kan sien kan miskien sproei wees wat deur kandida veroorsaak word. Wat my die meeste bekommer is dat julle tans in Zambia woon en ek is nie seker of hierdie siekte nie miskien witseerkeel is nie.Jou seuntjie is teen witseerkeel ingeent, maar dit is die siekte wat 'n wit laag op die mangels kan veroorsaak. Die beste sal wees om jou seuntjie huistoe te bring om 'n pediater so gou soos moontlik te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Teresa | 2009/03/23

Dr ek wil net baie baie dankie se. Ek vlieg more SA toe en gaan daar n pediater sien. Julle lewer n uitstekende diens veral vir mense soos ons hier diep in Afrika. Lekker dag verder en nogmaals baie dankie .....

Reply to Teresa | 1 comment (hide)
Posted by: chantelle | 2014/09/10

Hi teresa waar in zambia is jul? Ons woon al 6 jaar hier.. my email chantelle.swart@yahoo.com

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.