Childhood Diseases

Question
Posted by: tears | 2008-12-02

Q.

malaria, drome ens

Doc,

My meisiekind is 21 maande oud. Daar is ' n moontlikheid dat ons Nelspruit toe gaan desember. HOe lank voor die tyd moet ek vir haar iets gee vir malaria en wat kan ek vir haar gee.

Dan droom sy ook verskriklik baie so dat sy in haar slaap huil. Is dit normaal?

Sy drink ook verskriklik baie deur die dag / nag maar sy eet ook net so goed moet ek bekommerd daaroor wees. Sy sal bv 3 bottels water, dan koeldrank/tee/melk drink. Ek sorg egter net dat sy nie meer as 500ml melk ' n dag drink nie.

Ek' t haar geheel en al van formule afgehaal en sy drink nou beesmelk.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou meisietjie is te jonk om enige van die middels om malaria te verhoed te neem.Indien sy wel Nelspruit toe moet gaan,moet sy onder een van die spesiale nette slaap.
Haar drome is heeltemal normaal en kom dikwels voor in hierdie ouderdoms groep op hierdie ouderdom. Sy sal hierdie stadium ontgroei.
Sy moet gewone volroom melk nou drink.
Ek is effens bekommerd oor die hoeveelheid vloeistof wat sy elke dag drink. Vra net vir haar dokter om haar uriene vir suiker te toets. Indien die toets negatief is daar dan geen rede vir kommer nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.