Childhood Diseases

Question
Posted by: Mercia | 2012/12/11

Q.

Magie wat loop

Hallo dr, my dogtertjie is ''n bietjie meer as 17 maande en het sedert Maandagoggend heelwat erge los doeke. Sy het van 7 uur vanoggend tot nou (na 14:00) al 5 doeke gehad.

Sy eet nie te sleg nie, en is besig soos altyd. Glad nie lusteloos nie. Dis net die doeke, niks opgegooi nie en ook nie koors nie.

Kan dit ''n maagvirus wees, of gaan ''n maagvirus gepaard met koors en opgooi?

Is dit genoeg om Reuteri-druppels te gee en Scopex as dit lyk of sy krampe het, of moet ek haar eerder dokter toe vat - in die lig van geen koors of opgooi nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Aangesien jou dogtertjie nie koorsig is nie,nie opgooi nie en veral dat sy heel gelukkig is en soos gewoonlik speel is dit onwaarskynlik dat haar diarree as gevolg van 'n virus ontsteking is. Ek vermoed dat sy 'toddlers diarrhoea' het wat gewoonlik as gevolg van te veel vrugte en veral vrugtesap in haar dieet is. Dit is die natuurlike suiker fruktose wat in vrugte gevind word wat eintlik hierdie probleem veroorsaak. Vermy vrugte en veral vrugtesappe in haar dieet. Sy kan appel eet maar geen ander vrugte nie. Na drie of vier dae kan sy weer vrugte begin eet. Begin eers met piesangs, maar hou aan om vrugtesap te vermy.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012/12/11

Kry Smecta - dit help om die los magie te bind sonder om die derm lui te maak, en dit adsorbeer die kiem. My outjie kry dit ook elke nie en dan.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.