Childhood Diseases

Question
Posted by: Tania | 2012/12/06

Q.

Made in China

Hi Dokter

Ek het n vraag oor die speelgoed wat alles deesdae uit China uit kom. Ek het al gehoor dat hulle goedkoop en moontlik skadelike chemikaliee gebruik, wat soms uit die plastiek kan lek in die hande of monde van die kinders in en so opgeneem kan word. Ander se weer maar RSA sal nie skadelike speelgoed inlaat nie, maar vir my lyk dit nie juis asof die speelgoed getoets word voor dit inkom nie. Hoe veilig is dit, en hoe weet n mens wat om te koop? Sal speelgoed gemaak in RSA dan aan beter standaarde voldoen en dus veiliger wees, of kan dit wees dat selfs van hulle uit China kom en net herverpak is in RSA?

Baie dankie

Tania

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag maar die antwoord is nie maklik nie. Eintlik weet ons nie met 100% sekerheid nie of van hierdie veral plastiese speelgoed veilig is vir jong kinders. Onthou dat kinders geneig is om van tyd tot tyd speelgoed in hulle monde te sit.Wat wel nie veilig is nie is van die geverfde plastiese speelgoed wat dan beter is om te vermy. Dit is altyd 'n beter keuse om goeie kwaliteit speelgoed te koop soos van die Fisher-Price speelgoed wat deeglik getoets is.'n Ander oplossing is om tuisgemaakte ongeverfde hout speelgoed vir jou kinders te maak of te koop. Wat wel baie goedkoper is, is om potte, panne, houtlepels en veral kartondose vir jou kinders te gee om mee te speel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.