Childhood Diseases

Question
Posted by: mgk | 2011/07/22

Q.

Maagpyn - 4 jaar

Hallo Dokter!

My seuntjie van 4 jara oud het eergister aand gekla van maagpyn, taamlik hoog tussen sy ribbes en naeltjie. Ons het bietjie gevat en later met hom gespeel en dit het gelyk of hy daarvan vergeet.

Gister aand het hy by ons in die bed kom klim maar kon nie rustig raak nie. Na n ruk het hy gewys sy maag pyn rondom die naeltjie en sy linker been ook. Hy was n paar keer huilerig maar dan sluimer hy weer in om bietjie later weer bietjie te kerm en huil.

Vanoggend toe ek by die huis weg is het hy rustig geslaap en ek het saggies op sy magie gebruk, maar hy het net omgerol sonder om wakker te word of huil.

Hy het nie koors of diarree nie, en het nog normale stoelgange tot gisteraand gehad.

As dit so oor 2 dae soos bo ontwikkle en daar is nie koors of diarree nie, moet ek daarna laat kyk? Kan dit blinderderm of dalk ander probleme wees?

Dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag wat ook baie goed gestel is. Ja, beslis dit is presies die manier hoe onsteking van die blindederm [appendisitis] begin. Indien jou seuntjie nog aanhou om van hierdie soort maagpyn te kla sal dit nodig wees om hom dokter toe te neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.