Childhood Diseases

Question
Posted by: MARTHIE | 2013/01/30

Q.

maagpyn

Posted by: Marthie | 23/1/2013

My kind is al 5 jaar oud en hy kla al vandat ek kan onthou van maagpyn, sy maag is altyd seer. Het hom al by doktors gehad en hul sonars,plate en bloedtoetse gedoen maar kan niks fout kry nie. Kan jy my dalk help asb

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort klagte van aanhoudende maagpyn kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom. Omtrent 10% van seuns van vier jaar sal gereeld van maagpyn kla.In meer as 90% van hierdie kinders is die maagpyn om hulle naeltjie. Jou seuntjie is al deeglik ondersoek en getoets insl sonars en alles is negatief. Indien hy na sy naeltjie wys wanneer hy gevra word om te wys waar sy maag pyn, is dit byna seker dat sy pyn as gevolg van 'n sielkundige rede is. In die meeste gevalle ook is daar iets by die skool wat hulle onstel. Indien sy maagpyn nie om sy naeltjie is nie moet hy weer deur sy pediater of pediatriese gastroeteroloog ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Marthie | 2013/02/04

My kind het al oor maagpyn begin kla vandat hy kan praat. hy is eers kleuterskool toe toe hy 3jaar oud was. Party dae is dit net erger as party. Sy stoelgang is volgend my normaal. Hy is al 5jaar oud en dit hou nie op nie. Ek is al raadop. As ek hom vra waar is sy magie seer dan se hy orals.

Reply to Marthie
Posted by: Racoon | 2013/02/01

Hi Marthie

Sukkel hy enigsins met hardlywigheid? is fekale lading ooit by hom gediagnoseer. Dis ''n verpestelike ding wat nie sommer weggaan nie, en kinders moet 6 maande daarvoor behandel word. Die kind kan nog normale en hardlywige stoelgange hê , maar ook diarrhee want die drukking van die stoelgang om verby die verstopping te kom kan ''n los stoelgang veroorsaak.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.