Childhood Diseases

Question
Posted by: Me | 2012-11-26

Q.

Maagpyn

Hi Doc,

My dogtertjie 4j9mnde en seuntjie 2j6mnde kla al vir die laaste 2weke of so aan en af van maagpyn, as dit nie vir ''n paar dae aaneen elke dag is nie (kla so 1keer op ''n dag) dan is dit elke 2de dag of so. Ek het in die tydperk my seuntjie by die Dr gehad vir ''n boonste lugweg infeksie en hy was op Augmentin gesit, maar die maagpyn was voor dit en hy kla nogsteeds. By albei is daar geen ander simptome buiten die " kla van maagpyn"  nie, as ek ''n stropie gee dan is dit beter (Ponstel) en miskien later die dag sal hulle weer kla (nie albei altyd gelyktydig nie, maar dit het ook al gebeur).

Ek wonder partykeer of dit nie dalk ''n aandag soek storie is nie, maar ek wil ook nie ''n mediese probleem uitsluit nie, ek kan regtig nie dink wat fout is nie.

Ek het laasweek elke dag vir so 5 dae vir my dogtertjie Probiflora gegee (my seuntjie wil nie die pilletjie eet nie) en sy kla nogsteeds.

Dr se insig sal waardeer word!

Dankie byvoorbaat...

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is waarskynlik dat beide jou kinders dieselfde probleem het, dws ontsteking met 'n soort parasiet met die naam 'Giardia' Hierdie parasiet veroorsaak veral maaagpyn by jong kinders. Dit reageer goed op orale dosisse van metronidasool ['n voorskrif is nodig vir hierdie medisyne]

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.