Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2011-02-15

Q.

Maagpyn

Middag Dokter, glo dit gaan goed?

My seuntjie is 26 maande en het nogsteeds reflux en is op Nexium behandeling. Vir die afgelope paar weke kla hy van maag pyn. Hy bly vir my sê  " magie seer"  dan vryf hy sy maag. sy magie is ook effens los die afgelope 2 weke en hy het al 400gram verloor wil nie regtig eet nie, wil net die heeltyd iets hê  om te drink. Hy''t omtrent 3 loserige stoelgange elke dag. Ek het alle vrugte en vrugtesappe gestop vir die 2 dae.
Ek gee tans vir hom Probi 2 druppels elke dag. Ons het altyd gedink hy drink dalk net te veel dishoekom hy kla sy maag is seer, hy is tans op Parmalat First Growth Milk.
Is die melk nie dalk te ryk vir hom nie alhoewel hy al `n jaar en half op die melk is. Moet ek dalk ander melk oorweeg, wil nie graag gewone beesmelk gee nie omdat ek voel hyt die ekstra vitamienes in die melk nodig, hys ontsettendl lief vir sy melk.

Weereens dankie vir die tyd wat dokter afknyp om my vraag te beantwoord dit word opreg wardeer.


Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dankie, dit is 'n groot plesier om te help.Jou seuntjie was heeltemal gesond tot omtrent twee weke terug. Nou kla hy van maagpyn, sy magie is los en hy het redelik baie gewig veloor. Hy het goed gevorder op die Parmalat melk en hy is al 18 maande op hierdie melk en dit is onwaarskynlik dat die melk sy siekte veroorsaak.Daar is twee moontlike redes vir jou seuntjie se simptome: Eerstens het hy miskien 'n maagontsteking of veral 'n parasiet ontsteking met die naam Giardia.'n Ander moontlikheid is 'n mangelonsteking wat gepaard gaan met swelsel van kliere in sy maag. Daar is beslis 'n probleem hier en ek is bekommerd dat jou seuntjie gewig verloor. Dit is nou tyd om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.