Childhood Diseases

Question
Posted by: Melissa | 2011/01/20

Q.

Maagpyn

My seuntjie 2 het nou al van laasweek Dinsdag erge maagpyn ek het hom nou al 2 keer by die dokter gehaat die 1ste keer is hy behandel vir maaggriep ek het hom weer gevat en toe word daar gesê  daar''s niks fout nie. Ek is regtig bekommerd want hy slaap nie goed nie en ek kan sien sy maagie pla verskriklik en sy stoelgang is waterrig. Nou se ''n vriendin vir my dit kan sy mangels wees wat sy liggampie vergiftig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou vriendin mag dalk reg wees aangesien hierdie soort simptome dikwels gepaard gaan met mangel onsteking in jong kinders en 'n siekte wat 'mesentriese adenitis' genoem word veroorsaak.'n Ander moontlike rede is 'n parasiet onsteking wat 'giardia' genoem word. Aangesien jou seuntjie al twee weke hierdie simptome het sal die beste wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: anita sonnenberg | 2011/01/24

Ons seun, 9j oud, het oor en mangel probleme sedert hy 5j oud was, antibiotika al die pad. Die laaste ruk kla hy oor erge maagpyn, dag en nag, goed soos brood, rooi vleis, vrugte sappe en koek kan hy glad nie eet nie. Inteendeel eet hy al hoe minder. Ek is al raadop. Het bloedtoetse gedoen, niks gevind, net dat hy hardlywig is, ek het sy maag aan die gang en hou dit mooi dop, moet so nou en dan vir hom iets natuurliks gee om dit te laat gaan. Al gaan sy maag nou, kla hy nog steeds oor die seer maag, dit is asof dit net seerder raak. Waarna kan ons nog kyk en wat kan ek nog doen? Ons gebruik natuurlike goed vir hom, ek is baie skrikkerig vir die ander goed.

Groete Anita

Reply to anita sonnenberg
Posted by: Melissa van der Walt | 2011/01/24

Baie dankie vir bogenoemde maar kan U vir my asb. verduidelik wat is mesentriese adenitis en giardia. Is dit gevaarlik wat is die nagevolge. Nog ''n ding wat ek wil weet kan dit nie sy laaste agterste tande wees wat dit ook veroorsaak nie?Jammer ek pla Dr. so maar nou is ek eers opgestres want my seuntjie was eintlik nog altyd ''n gesonde kind dis vanaf hy dagmoeder toe is wat sy gesondheid so erg raak hy is nou al +- 2maande by dagmoeder.

Groete
Melissa van der Walt
Polokwane Limpopo

Reply to Melissa van der Walt

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.