Childhood Diseases

Question
Posted by: Lynette | 2010/07/06

Q.

Maagkrampe na geboorte

My baba is nou amper 4 maande oud die afgelope 3 dae kry ek erg maag krampe (amper nes kraam pyne). My maag werk glad nie, dis pyn wat eers geskiet het in my sy amper soos miltsteek en van daar het dit oor beweeg na my maag (period pyn) en van vanoggend af sit dit reg oor my naeltjie, my maag is ook effens geswel en harder as ek aan hom druk as normaal weg. Ek het nie regtig iets snaaks geeet nie, en sou weet as dit die kos was wat my maag so laat pyn, want niemand anders in my gesin het krampe nie. Ek het vir n check up gegaan toe my baba 2 weke oud was om te kyk vir infeksie (het 16 steke gekry met normaal geboorte) en als was ok. Die suster het wel vir my gese dat ek op my maag moet voel vir n balletjie (baarmoeder) en hom moet maseer, sodat my baarmoeder kan terug sak. wat ek ook gereeld gedoen het. Ek kon glad nie gister aand slaap nie van die pyn en as ek kon slaap moes ek op my rug le want op my sy is dit te ondraaglik seer.

Is dit moontlik dat die krampe iets te doen kan he met die geboorte? is dit normaal om so pyn te he na geboorte? Of kan dit iets anders meer erenstig wees.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nodig dat jy dadelik na 'n nood eenheid moet gaan met hierdie probleem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.