Childhood Diseases

Question
Posted by: Michelle | 2010/02/17

Q.

Maag krampe &  slaap

Dokter

Ek het ' n 3 weke oue baba dogtertjie. Sy sukkel verskriklik met haar maag. Ek is nie seker of dit eintlik krampe is en of dit ' n ander probleem is nie. Sy kreun en huil van die pyn sodra haar magie wil werk en sy sukkel om die stoelgang uit te kry. Sy is nie hardlywig nie, want die stoelgang wat uitkom is soos water. Sy word geborsvoed en haar stoelgang kleur is geel.

My ander probleem is dat ek nie weet hoe om die probleem uit te sorteer van haar wat vir ' n paar uur op ' n slag wakker is en dan net die heeltyd op die bors wil wees nie. Sy slaap gewoonlik deur die dag 100% goed en is bitter min wakker. Kom dit in die aand tussen 6 en 1 in die oggend, is sy wakker, huilerig en wil die heeltyd net op die bors wees. Ek het al probeer om vir haar ' n dummy eerder te gee, maar sy maak haarself naar met hom en gaan aan die huile totdat ek haar op die bors sit.

Enige raad?

Dankie
Michelle

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou baba se simptome as gevolg van koliek toegeskryf kan word. Probeer een of ander koliekmiddel bv Bennets Colic Remedy en sien of dit verligting bring.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
user comments

C.

Posted by: magdel | 2016/03/29

HELP! my baba is 2 wekies oud en hy sal 75ml formule melk met 'n voeding drink, dan haal ek gou windjies uit en dan le hy so 10 tot 15min wakker en wil weer bietjie drink, as ek vir hom melk gee drink hy so 20ml en le weer wakker, en soek weer so 20ml melk, kan mos nie reg wees nie, of is ek verniet bekommerd?

Reply to magdel
Posted by: Olivia titus | 2015/06/27

Hi dokter my baba was vir die afgelope 7 maande op nan maar toe sit ons hom nou weer op lactogen...wil net weet is dit gevaarlik vir sy maagie want sy stoelgang is so groen loperig en hy sukkel baie om in die aande te slaap net vir 2ure dan is hy weer wakker enige hulp a.s.b...leka dagie verder ooh jah hy is nou 9 maande en het nog niks tandjies nie kan daar n probleem wees hy was ook n prematuur baba 2weke te vroeg..

Reply to Olivia titus
Posted by: Anonymous | 2014/06/16

Hay ek wil net dringend raad kry ... Ek kry die laaste rukkie verskriklik krampe op my maag sowel as n steek pyn regs skuins onder my naeltjie ek was by die kliniek en hulle het vir my antibiotika gegee ...ek sukkel ook met pyn op my bar moeder en eierstokke wat seker so maand terug begin het ....ek en my man sukkel ook noual vir n jaar om swanger te word en dit bekommer my dat daar dalk kan fout wees met my .... Die dokter het gese as my pille kla is en ek nie beter voel na 14 dae nie gaan hulle my instuur vir n skraap...weet iemand dalk wat al die krampe oralste kan wees of kan weg vat ........lekker daggie verder

Reply to Anonymous
Posted by: BIANKA | 2013/07/11

Hi my dogtertjie is een maand en twee weke sy drink haar aand bottel formule so half agt na dit wil sy glad nie weet van slaap nie sy huil glad nie net as ons haar neer le om te slaap in die kot dan begin sy huil as ons haar op tel dan is sy fine dis as of sy nie wil slaap nie tot so een uur die oggend dan slaap sy eers wat kan dit dalk wees wat haar plae?

Reply to BIANKA
Posted by: mieder grobler | 2010/05/28

Hi Michelle, die paediater het nie eintlik vir jou veel raad gegee nie. Ons sukkel met dieselfde probleem van die maaggie. Ons probeer nou maar die verskillende tiepes formule melk.

Reply to mieder grobler
Posted by: liezle | 2010/02/17

hi michelle,
jou situasie klink baie dieselfde as myne. my seuntjie het wonderlik deur die dag geslaap maar kom aand heeltyd gehuil en wou heeltyd aan my bors wees. het nie regtig probleme gehad met sy stoelgang nie. ek het hom na die storksnest gevat en hulle het toe besef ek het nie genoeg melk vir borsvoeding nie. het hom dadelik op NAN HA gesit en my probleme was weg! my seun wou ook niks weet van sy dummy nie. hy is nou 14 weke oud, is op lactogen, gaan slaap saans 18:30, word net so teen 3:00 wakker vir n bietjie melk en slaap dadelik weer tot 6:00 wanneer hy moet kleuterskool toe gaan. EN HY SNY TANDE, HET AL 2!!.
probeer die netcare storksnest vir raad, ek wou ook graag geborsvoed het, maar op die ou einde was formule melk wat my en my baba gered het.

Reply to liezle

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.