Childhood Diseases

Question
Posted by: EvdM | 2012-07-27

Q.

Loopneus vir meer as 4 weke

Dr, my dogtertjie (13 1/2 maande) het n konstante loopneus al vir meer as 4 weke. Ek het Allecet gegee elke aand (2,5ml) vir n lang periode maar dit het nie die loopneus gestop nie (was eers soos water, toe geel). Sy hoes ook n bietjie maar nie heeldag nie, soms in nag, di thet gelyk oor die naweek of sy slym opgebring het in die dag op haar kussing. Kan die loopneus en borsie van die tande wees? Of is dit normaal vir kinders wat by creche is? Ek wil net nie iets ignoreer of dit nie daadwerklik behandel nie en dan raak dit n groot probleem nie!
baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogtertjie se konstante loopneus het as gevolg van die feit dat sy die creche bywoon. In die winter maande is kinders geneig om een verkoue na die ander te kry. Gee Creche Guard gereeld om haar weerstand op te bou. Gebruik 'n Sterimar neusspuit soggens en saans elke dag deur die wintermaande om haar neusie mooi oop te hou,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Moedelose mamma. | 2013-09-18

My seuntjie het al vir meer as 'n jaar 'n loopneus, ons het al laat toets vir allergie, geen gekry nie, ons het al alles gegee van verkouestrope tot antihistamiene, die dokter het al gedink hy het vog agter sy oor en dit probeer behandel maar nogsteeds geen sukses gehad nie. Ek is al raadop en ek dink my kind is al frustreerd, hy kry ook gereeld kroep (1keer 'n maand, soms 2 keer) en ek dink dit gaan gepaard met sy neus. My seuntjie is nou 3. Wat staan ons nou te doen??

Reply to Moedelose mamma.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.