Childhood Diseases

Question
Posted by: Lindie | 2011/06/06

Q.

Loopneus en hoes - ALWEER!

More Dokter, ek is redelik moedeloos vanoggend. JP is vir die afgelope 3 weke op Zetofen (2.5ml oggend en aand) wat onmiddelik die loopneusie agv allergieë  opgedroog het. Vir die afgelope 3 dae loop sy neusie egter weer en gestraand het hy weereens ''n baie slegte nat hoes ontwikkel. Ek is moedeloos, want elke 2de maand is hy op Orrelox vir die slym borsie en neusie. Hy kry elke dag Scotts Emulsion en eet redelik goed. Moet ek maar net aangaan met die Zetofen?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ongelukkig is Zetofen geneig om vir net 'n kort tydperk te help en daarna raak baie kinders 'gewoond' aan hierdie antihistamien medisyne. Vervang die Zetofen met Allecet stroop 5ml elke aand en gebruik die nuwe Salex neusppuit soggens en saans.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.