Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma001 | 2008/09/16

Q.

Loopneus

My 18mnde dogtertjie se neus loop aanhoudend (vir ongeveer 9mnde). As dit id tyd opgeklaar het, dan was dit vir net ' n week. Sy is op Allecet nou vir ' n maand, wat nie die neusloop laat opklaar het nie. Sy het geen koors nie, so ek vermoed geen infeksie nie. My vraag is: Kan haar neus so aanhoudend loop van tandekry? Of kan daar steeds ' n allergie wees wat dit veroorsaak al is sy op die antihistamien? En, as ' n kind allergies is vir iets, gaan dit altyd gepaard met ekseem, of nie noodwendig nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel asof jou meisie se leupneus deur 'n allergie veroorsaak word.Gewoonlik is daar ook 'n geskiedenis van ekseem maar nie in elke geval nie. Wat hier belangrik is is dat 'n diagnose gemaak moet word van die oorsaak van hierdie probleem dvs watter allergeen vir haar pla. Dit help nie dat sy aanhoudend 'n antihistamien soos Allecet moet neem en dat sy nie verbeter of gesond word nie.Daarom is dit nodig dat sy deur 'n pediater met ondervinding in allergiese siektes in kinders ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.