Childhood Diseases

Question
Posted by: Jennifer | 2010/10/28

Q.

Laktose probleem of allergie

Hallo Dokter
My seuntjie is op 36 weke gebore. Hy is nou 6 weke oud. Toe hy 4 weke oud was het ek hom pediater toe gevat want hy het vreeslik gekreun en sy lyfie inmekaar getrek en baie min geslaap. Hy het egter nooit gehuil as hy so kreun nie en het tot nou toe nog goed gewig opgetel. Sy het vir ons Losec Mumps en Iberogast voorgeskryf vir 2 maande. Sy het ook genoem dat dit so 2 weke kan neem voor dit baie beter sal gaan.

Hy het gister begin huil as hy klaar gedrink het en trek sy lyfie so erg op dat ek hom skaars kan vashou. Hy ontspan dan ''n rukkie dan doen hy dit weer. Hy huil dus nie aaneen nie.

" n Vriendin het vir my genoem dat hy dalk ''n allergie vir die melk kan he. Haar dogtertjie het erg Lactose Intolorence gehad en sy het ook Losec gebruik en haar op Loctose free melk gesit. Sy het ook genoem dat ek dalk vir hom probiflora poeier moet gee daagliks.

Klink die simptome vir dok soos iets wat die melk aanbetref? Ek wil hom nie regtig nou al op formule sit nie maar wil hom ook nie in pyn sien nie. Sal die medikasie werk hiervoor en kan ek daai poeier ook gebruik?

Hy wil heeldag regop vasgehou word en ek sukkel maar om hom neer te le sonder dat hy wakker word. Hy drink ook elke 2 ure.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek neem aan dat jou baba nog net borsmelk drink.Losec word vir refluks gebruik maar jou babatjie het nie verbeter nie. Sy huidige simptome is die van baba koliek.Hou aan met die Iberogast en probeer een van die koliek middels bv Bennett's Colic Remedy. Skryf weer indien daar geen verbetering plaasvind nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.