Childhood Diseases

Question
Posted by: Amelia | 2011-07-27

Q.

Lae spiertoon

Goeie dag Dr en weereens byvoorbaat dankie vir die hulp.
My dogtertjie is 3jaar en 3maande oud. Ek het nog nooit gedink dat sy ''n probleem het met haar fisiese ontwikkeling nie. Sy loop soms in goed vas of val daaroor maar ek het dit toegeskryf aan " lomp/lui"  DIe juffrou het ook waargeneem dat sy sukkel om op hande 4voet op haar kop te staan. Sy se sy gaan op haar kniee. EK het ook al opgelet dat sy by die klimraam haar optrek met haar arms ipv om haar bene hoog genoeg op te tel. SY le ook vinnig op haar arm by die tafel.
wees. Haar skool juffrou het egter gister vir my gese dat sy ''n lae spiertoon het. My kennis hiervan(behalwe wat ek nou op die internet gelees het) is baie beperk. SY swem een keer ''n week by ''n swemskool. DIe juffrou het voorgestel dat ek haar ook 1keer ''n week laat kinderkinetika laat neem en dat ons elke dag moet trumolien sprin. ''n Vriendin het voorgestel dat ek haar deur ''n arbeidsterapeut laat ondersoek.
Wat is u gevoel hieroor en indien nodig het u dalk vir my ''n nommer van ''n arbeidsterapeut met ondervinding in die veld in Centurion.
Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is vir my 'n plesier om te kan help waar nodig.Jou dogtretjie het tot dusver baie goed en normaal gevorder. Sy is miskien net 'effens 'lomp' wat baie dikwels op hieride ouderdom gebeur.Die beste sal wees om 'n arbeidsterapeut te raadpleeg. Die arbeidsterapeut sal besluit of sy enige behandeling nodig het.ie beste sal wees om 'occupational therapists centurion' te Google.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.