Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2009/02/16

Q.

Lactogen2 - Hoe lank kan ek dit gebruik?

Hallo Dok

My seun word Woensdag 1 en ons het hom begin oorsit op Nido1. Hy eet 3 etes ' n dag en omtrent 2 yogurts en ook peusel happies soos broodjies met marmite of ryskoekies. Voor dit het ons Lactogen2 gebruik. Vandat hy op die Nido is sukkel hy om in die aand aan die slaap te raak en hy word eweskielik ook 4am wakker waar hy gewoonlik 6am wakker geword het. Ek het vermoed dis nie Nido want dis mos nie so vullend nie. Ek het weer ' n blik Lactogen gaan koop net vir die aand bottel en daars als weer terug na normaal. Hoe lank kan ek vir hom Lactogen2 in die aand gee? Ek moet ook bysê  dat sy middag en aand etes nie van die beste verskeindenheid is nie want hy weier nog om stukkies kos te eet. Hy eet wel uit ons borde ook, maar nie genoeg sodat dit ' n ete kan wees nie. Bied ek vir hom stukkies aan vir aandete dan weier hy om te eet. Hy wil slegs peusel. Ek gee nou maar middag en aand vir hom sy fyn kosse, maar is bang dis nie gesond genoeg nie want dis maar altyd net groentes want ek kry nie die vleise so fyn soos hy dit wil he nie. Hy wil ook nie sommer meer Purity he nie. Slegs die pampoene.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba kan aanhou om die Lactogen 2 te drink totdat hy 15 maande oud is. Probeer dan gewone volroom melk. Hou aan om sy kos fyn te maak, hy sal later gewone kos begin eet. Wees net geduldig.Hy is nou te oud om nog Purity kos te eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.