Childhood Diseases

Question
Posted by: Liebie | 2008/05/28

Q.

Lactogen URGENT HELP

Hi dokter

My baba was eers op NAN. Sy het verskriklik krampe gekry en verlede week moes ek haar omtrent daagliks buscopan gee. Sy is nou 5 weke oud. Ek kon nooit borsvoed nie, my melk het nie gekom nie. Nadat ons haar Saterdag aand hospitaal toe moes vat omrede sy nie opgehou skree het nie van krampe het ek haar afgehaal en op Lactogen gesit. Sy is nogal 'n honger baba. Eers het dit goed gewerk, sy het beter geslaap. Sy was gister 24 uur op die melk. Gisteraand was dit chaos, sy het heelwat reflux, haar maag is kliphard, en het gieteraand geweier om die bottel te drink. Vanoggend het sy weer 'n bottel geneem, maar is nou elke 2 ure honger.Gister was sy ook elke 2 ure wakker vir 'n bottel en eks bevrees ek kon haar dalk oorvoed het gister. Sy het gisteraand 6 uur begin skree en ons het haar eers 1h30 gekalmeer. Ek moes haar weer buscopan gee. Sy het moeg gelyk, maar het geweier om te drink. Werk lactogen vir haar? Indien nie hoe vinnig kan ek haar skuif na 'n volgende melk toe?

Help asb ek is desperaat.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk wel asof die probleem deur 'n melk intoleransie veroorsaak word. Probeer Isomil1 of Infasoy1 en sien of sy beter vorder.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.