Childhood Diseases

Question
Posted by: Babatjie | 2012/07/26

Q.

Krul in bedjie

Hi dokter ek weet nie presies hoe om dit te stel nie maar die dokter het met my dogtertjie se 6 weke ondersoek gese sy het silent reflux en het vir ons nexiam gegee. Sy drink nou die laaste maand blikmelk en steeds nexiam. As ek haar neerle na haar laaste voeding in die aand hier by 8 / 9 pm dan krul haar lyfie sommer so om. Ek le haar op haar sy neer en st sal sommer haar hele lyfie en koppie inkrul en indraai na die kussing toe. Sy lyk so ongemaklik. Ek dink nie dis krampe nie want sy doen dit glad nie deur die dag nie? Kan dit iets met die reflux wees? Sy moan nie regtig nie maar sukkel net om aan die slaap te raak?

Groetnis

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om jou vraag te beantwoord want daar is twee moontlike redes dat jou babatjie haar lyf so inkrul. Die feit dat sy net in die nag dit doen, sal een van hierdie redes uitskakel,naamlik koliek. Ek vermoed dat dit as gevolg van refluks is,miskien omdat die Nexiam nie lank genoeg aanhou om te werk veral indien dit in die oggend toegedien word. Die beste sal wees om die pediater weer te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.