Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde ma | 2012/08/23

Q.

Kroniese sinusitus

More dokter,

Ek wil weet of dr dalk enige raad het vir my 4 jarige dogtertjie. Sy sukkel vreeslik met haar sinusse wat verstop is.

Ek het laas jaar haar mangels en adenoids laat verwyder (na sy al van 9 maande af baie mangelontsteking gekry het). Die ENT het dit ook aanbeveel. Ek het geglo dis nie einde van ons probleme. Maar nou sukkel ek met ''n ander probleem. Haar asempie stink vreeslik!

Ek glo dis van ''n post-nasale drip. Sy was ook nou ook weer 2 keer by die ENT agv die probleem en die ENT sê  sy wil haar nog monitor maar die sinus holtes is gewoonlik heeltemal toe. Maar na Nasonex vir so 3 weke is die een baie beter gewees. Ons wag nou vir die eerste Lente reen om verby te gaan dan gaan ons weer terug.

Maar my vraag: Is daar iets anders wat ek vir die stink asem kan gebruik? Vanoggend is die neus weer lekker toe en ek kan sommer daai suur reuk begin ruik.

Die laaste opsie is dat die ENT ''n sinus spuit/spoel (of so iets) doen.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gewone rede vir hierdie soort probleem in jong kinders is dat hulle miskien iets in hulle neus soos 'n stuk papier of 'n peanut opgestoot het. Vra vir die ONK om haar weer te sien of kry 'n tweede opinie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: heidi | 2012/08/23

my dogtertjie het ook baie gesukkel met haar sinusse en sukkel nogsteeds maar baie minder (sy is nou 6). haar mangels en adenoids is verwyder, en haar adenoids weer " gebrand"  toe haar pypies ingesit is. ek het gevind na maande van allecet en deselex dat goeie ou allergex stroop die beste werk vir die nasal drip. ons het dit net gegee in die aand want baie dokters is bang dit maak die kinders lomerig alhoewel dit niks aan haar gedoen het nie. ek het haar ook begin op zinplex stroop, scotts emulsion en sister lilian''s mucocare (tissue salts - excellent produk) en ek kan nie vir jou beskryf hoe hul(haar en haar sussie) se gesondheid verbeter het nie. ek gee nou net elke nou en dan allergex stroop as die nasal drip weer begin. ons probeer ook gereeld (elke dag) haar neus met sterimar of enige saline te flush. help om al die gag uit te kry voor dit begin broei. voorspoed, hoop sy is vinnig beter.

Reply to heidi

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.