Childhood Diseases

Question
Posted by: Mell | 2010/08/25

Q.

Kroep

Hello Dr, my kind is nou 3jr 5 mnde hy is vanaf Feb die jaar met Kroep gediagnoseer, ons behandel met Pulmicort, adrenalien en Preflem. maar sy kroep raak al hoe erger. dit is nou elke 2 weke en dit hou aan 3 - 5 dae. ons het allergie toetse gedoen en uitgevind hy is aleergies vir Citrus, Dierehare en stof en dan iets toets positief by voedsel. hy is ook baie klein, 90cm weeg 12.5kg ek wil weet as ek Prelone stroop gebruik of dit nadelig gaan wees. ek het gehoor dit werk beter as pulmicort maar daar is baie newe effekte. tans slaap ek nie, want ek neb meeste van die nagte. ek is gelukkig as ek 5 ure slaap inkry. ek is nou raadop met kroep! enige raad sal waardeer word.
Baie dankie
M

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Kroep kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom,veral 'n soort kroep met herhaalde aanvalle. Hierdie soort kroep word 'spasmodiese kroep' genoem. Kroep is gewoonlik nie as gevolg van 'n allergiese probleem nie.Wat hier baie snaaks is is die feit dat hy byna aanhoudend kroep kry. Dit is nie die gewone patroon met spasmodiese kroep nie.Ek is ook baie bekommerd oor die feit dat hy so klein is en dat sy gewig baie, baie laag is. Wat hier dringend nodig is is 'n vaste diagnose. Ek raai aan dat hy so gou soos moontlik deur 'n pediatriese pulmonoloog ondersoek moet word. Daar is spesialiste in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Mell | 2010/08/25

vergeet om te se hy is nou op Clarinese and Nexo mist, moet dit vir 6maande gebruik.
het enige van die medisyne ''n nadelige uitwerking op sy groei dalk?

Reply to Mell

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.