Childhood Diseases

Question
Posted by: Anneke | 2009/05/05

Q.

Kroep

My gp het gister bevestig dat my 6mnde baba kroep het, dit lyk asof sy ' n seer keel het wanneer sy hoes (gaan histeries aan die huil) haar bors is toe en jy hoor sommer die geruis. Ek wil net weet wat is die beste behandeling met antibiotika - 5 -, 7- of 10dae. Dit is nou al haar 4de keer die laaste maand wat sy op antibiotika is, is skaars 4 dae af dan is dit weer dokter toe - met dieselfde diagnose, en ' n ander reeks antibiotika. Saam met antibiotika nibilizeer ek haar met polmucort, en gee ook preflam in aande. Is daar ook enige verweer vir die voorkoming vir die winter wat nog voor le. Danke

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie belangrike vraag veral vir hierdie tyd van die jaar wanneeer al die winetr siektes begin voorkom.Eerstens moet 'n diagnose gemaak word. Ek is nie seker dat die diagnose reg is. Dit lyk meer asof jou baba aan brongiolitis ly. Brongiolitis is 'n virus ontsteking van die klein lugwee van die longe en kom gewoonlik in babas voor.Tweedens is jou babatjie al vier keer siek binne een maand. Woon sy 'n creche by? Indien ja sal dit 'n goeie idee wees om haar liewers by die huis te hou. Derdens aangesien hierdie 'n virus ontsteking is sal antibiotikas nie help nie, dus is jou vraag oor hoeveel dae om die antibiotika te gebruik nie een wat ek kan antwoord nie.Ek sal aanraai dat jou baba deur 'n pediater met ondervinding in pediatriese pulmonolgie ondersoek moet word.'n Goeie verweer vir babas van hierdie ouderdom is 'n probiotika soos Reuteri druppels gedurende die winter maande.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.