Childhood Diseases

Question
Posted by: Bigmamma | 2009-06-29

Q.

KRISIS.......HELP ASB!!!!

Halloooo… 
Ek het een GROOT problem!! Ek het ‘ n troue in Augustus, en moet voor dan my dogtertjie van 14 maande af haal van die bors af.
Sy drink deur die dag glad nie aan my nie, net in die aande as sy klaar haar pap in het en klaar gebad het! Sy gaan slap dan tussen half 8 en 8uur. Sy word dan kort daar om en by 9.30 weer wakker, dan gee ek haar weer tietie, dan slap sy weer tot 1uur en drink daar weer… ..so gaan ons nou aan so elke 4 tot 5 ure (EK WEET DIS MY EIE SKULD) maar wat staan my te doen NOU!!! Sy weier WEIER net eenvoudig om ‘ n bottle melk te drink, sy drink tee en koeldrank uit haar bekertjie uit maar sy weier om melk te drink. En nou wonder ek of kry sy genoeg kos in, want hoekom word sy so baie kere wakker in die aand? Want sy eet 8uur mielie pap/10 yogurt/12 kookkos of ietsie anders/3uur yogurt en dan 6uur matapela pap!! So ek weet nie!! Nou die vraag bly? HOE HAAL EK HAAR AF!!! Cold turkey of elke dag bietjie biejties, ek het nog baie melk so ek dink ‘ n Dr. sal vir my ‘ n pilletjie se naam moet gee wat ek kan gebruik om my melk te laat weg vat!!!
Baie dankie en hoop iemand kan my help of net raad gee!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek hoop dat een van ons forum lede hierdie vraag sal antwoord.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anon | 2009-06-30

Dit is altyd ' n moeilike een....
Ek het my kleintjie ook geborsvoed en op haar eerste verjaarsdag het sy haar laaste voeding gekry....
Dit is ' n lang en pynvolle proses.
Ek het haar ook net in die aande laat drink, deur die dag het sy borsmelk of formule deur ' n stooitjie bottel gedrink - al manier hoe ons haar kon kry om belang te stel...
Ek het net eendag besluit genoeg is genoeg, ek het haar haar voeding na badtyd gegee sodat sy slaap, maar daarna as sy wakker geword het het ek vir haar net ' n bottel water aangebied... Sy was VERSKRIKLIK ongelukkig hieroor...
Maar na so 2/3 aande het sy besef sy gaan niks kry nie.
En toe begin ek vir haar formule gee na haar enigste voeding, ek het dit na so week eers gedoen. En na so paar aande het ek vir haar eers formule gegee en toe die bors. En later bloot net opgehou om vir haar die bors te gee....
Doen dit stelsel matig, nie skielik nie!
Melk so bietjie uit om die drukking in die borste te verlig, maar nie baie nie dan stimuleer dit weer melk produksie...
Baie baie sterkte!!!
Dit was my ervaring, hoop dit help....

Reply to Anon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.