Childhood Diseases

Question
Posted by: EP | 2013/01/29

Q.

Krap Merke

More,
My seun is 2 maande en as hy ontsteld is gryp hy homself in die gesig en krap homself dat daar verskriklike bebloede merke in sy gesig is, is dit normaal om so te reageer?

Hy steek ook konstant sy tongetjie uit! Ek het gelees dat downs sindroom kinders hulle tonge kan uitsteek! Hy was al vir sy 6weke ondersoek en die pediater het niks gesè  nie maar ek bly bekommerd want hy kan nie eers sy dummy inhou nie want die tong druk dit heeltyd uit! Is dit iets waaroor ek bekommerd moet wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Babas is genieg om van tyd tot tyd hulle gesig te krap veral wanneer hulle baie honger,moeg of kwaad word. Dit is nodig om sy pediater te vra of jou baba miskien die eerste tekens van ekseem begin wys. Ek is seker dat jou baba nie 'n Downs sindroom baba is nie want die pediater sou definitief hierdie diagnose teen hierdie tyd gemaak het. Daar kan baie redes wees dat babas hulle tong konstant uitsteek. Dit is ook nodig om die pediater spesifiek te vra of hy/sy enige rede kan vind dat jou baba gereeld sy tong uitsteek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.