Childhood Diseases

Question
Posted by: Tania | 2010/03/31

Q.

Kos vir baba onder 6 maande

Hallo Dr

My baba seuntjie is n redelik groot en stewige mannetjie, en het baie goed gedoen op net borsmelk en baie vinnig gegroei. Hy was op ses weke al so groot soos n drie maande oue baba, het die pediater gese. Hy is al vroeg baie sterk in sy nek en rol al n geruime tydjie om op sy magie en lyk al of hy wil begin kruip. Hy is nou amper vyf maande oud, en het begin tekens toon dat hy vaste kos moet begin kry, soos sy hande opeet en al vroeer wakker word in die oggende waar hy altyd deur geslaap het, ens. Ek het hom so n week terug op Nesle se first cereal gesit, en dit het gewerk, hy geniet dit nogal baie en slaap nou weer regdeur. Maar ek het gelees dat koring produkte dalk n negatiewe invloed op sy spysverteringskanaal kan he, en allergiee kan veroorsaak omdat babas se ingewande dit soms nognie kan hanteer nie, veral as babas nognie ses maande oud is nie. Ek het gaan kyk en die Nestle pap is wel van koring (wheat) gemaak, so sal dit beter wees as ek oorslaan na n rys-pap of mielie-pap (maize) eerder omdat hy voor ses maande moes begin vaste kos eet? Ek het hom ook probeer butternut en sweet potato purity gee gisteraand, maar hy trek sy gesig vreeslik en wou later opgooi, ek dink dis dalk die tekstuur? So moet ek eerder nou net met die pap aangaan, en wanneer moet ek die purity weer probeer? Sal hy dalk later die Purity kan hanteer as hy ouer is, of wat moet ek doen om hom te kry om dit te eet? Moet ek n ruk wag en weer probeer?

Dankie dr.

Tania

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek verkies om met 'n rys of mielie pap te begin. Jou baba seuntjie lyky baie stewig en gesond. Begin eers met die butternut en patat wanneer hy 6 maande oud is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
user comments

C.

Posted by: Tonia Van Breda | 2010/04/29

my baba is nou 3 maande en klaar dubel sy geboorte gewig, die suster by die kliniek se hy kan al begin rys pap eet, een teelepel per dag, maar ek voel dis bietjie baie vroeg vir hom. ek wil net n tweede opienie he. kan jy help asb

Reply to Tonia Van Breda
Posted by: natasjha | 2010/03/31

My kind is 1 jaar oud en ek met die selfde vrae geworstel - miskien moet jy maar eers die rys pap probeer voor jy die ander gee. en my kind het ook die gesiggie getrek en naar geword vir die purity begin met apple purity maar jy moet net een soort gee op ''n slag en dit vir so paardae aan een probeer. maar die selfde soort. as hy dit uitspoeg of hom naar maak wag so week dan probeer jy weer.

En doen wat jy goed dink boeke is net handleidings - ''n ma weet wat werk vir haar kind en wat nie.

Reply to natasjha
Posted by: natasjha | 2010/03/31

My kind is 1 jaar oud en ek met die selfde vrae geworstel - miskien moet jy maar eers die rys pap probeer voor jy die ander gee. en my kind het ook die gesiggie getrek en naar geword vir die purity begin met apple purity maar jy moet net een soort gee op ''n slag en dit vir so paardae aan een probeer. maar die selfde soort. as hy dit uitspoeg of hom naar maak wag so week dan probeer jy weer.

En doen wat jy goed dink boeke is net handleidings - ''n ma weet wat werk vir haar kind en wat nie.

Reply to natasjha
Posted by: Blommie | 2010/03/31

Hallo daar, My meisie kind is nou n 1jaar en 2maande, sy het al begin baba pap eet all geure en kleure van die ouderdom van 2 maande. Ek het haar van drie maande af in die oggend haar pap gegee en in die aand haar gemsquash, van 4 maande af all groentes, Vandag eet sy enige ding onder die son, baie lief vir haar groente alle soorte, en vrugte. Jy moet dinge doen soos wat jy voel reg is, moenie jou kind volgens die boek groot maak nie, want dan gaan hy net meer siek word. Jy kan jou kleintjie yogurt ook gee, die smooth ene. Sterkte en geniet die kliending

Reply to Blommie | 1 comment (hide)
Posted by: michelle | 2014/10/23

Hi daar my seuntji is nou amper 3 maande en hy bly honger ek borsvoed nog en hy drink 200 ml op n slag mar dis steeds ni altyd vullend ni . Dink jy ek kan al vir hom rys pap gee. Dis my eerste kind so ek weet ni mooi wat mag ek al gee en wat ni

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.