Childhood Diseases

Question
Posted by: Lu | 2012/06/05

Q.

Koorsblare

Middag Dr.

My meisiekind (4jaar) kry nou vir die afgelope 3 maande gereeld koorsblare rondom haar mond (nader aan die lip). Sy het eers net 1 gekry in die hoek van haar mond wat weg gegaan het na ek ''n koorsblaar salfie wat my man gebruik aangesmeer het, sy het toe weer een op die selfde plek gekry. ( Dit het nie baie groot geword nie maar wat effens prominent) Sy het nou weer vir die afgelope week baie klein maar sigbare koorsblare (3) rondom haar mond en oor iets wat lyk soos ekseem.
My seuntjie kry ook gereeld ekseem kolle in sy gesig wanneer hy verkoue het ens...... Ek neem aan die ekseem en die koorsblare kom uit wanneer die immuunstelsel laag is. Ek het nou begin om Zinpled Jnr vir albei te gee. Is dit voldoende of kan Dr vir my ander raad gee vir die probleem?

Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Koorsblare wat herhaaldelik voorkom kan 'n groot probleem wees. Dit sal beslis help om jou dogter se immuniteit te verbeter. Zinplex is 'n goeie keuse vir beide van jou kinders. Indien dit nie help nie probeer Scotts Emulsion. Dit is nodig om baie vroeg te begin om hierdie koorsblare te behandel wanneer hulle eers begin verskyn. Gebruik Actiotop room minstens 3 keer per dag totdat die koorsblare weer verdwyn.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.