Childhood Diseases

Question
Posted by: marlene | 2009-04-12

Q.

koors stuipe

My klein dogter van 20mnde sukkel gedurig met oor en keel infeksie. Haar ouers het haar vandag na die noodgevalle afdeling gevat, die dokter het n set pil ingesit, en toe hulle huis toe gestuur. Hulle was skaars by die motor, toe dop haar ogies om en die lyfie begin te ruk, my seun het met haar terug gehardloop noodgevalle toe. Die susters aan diens het dadelik n suurstof masker op haar gesiggie gesit en hulle het haar ingespuit. Die Paediatrician het haar later kom ondersoek en vir haar n slaap pil gegee. Hoekom wil die paeiatrician n brein scan doen. Dit breuk my hart om haar so te sien le in die hospitaal. Haar koors was 38 toe sy die stuipe gekry het.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie episode is 'n tipiese episode van koors stuipe. Ek is seker dat haar koors hoer was as 38 toe sy die stuipe gekry het. Daar is geen rede om haar in die hospitaal op te neem nie. Haar oor onsteking moet deeglik behandel word.Dit is gewoonlik nie nodig om enige spesiale ondersoeke soos 'n brein scan te doen nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: marlene | 2009-04-14

Dankie vir die andwoord, die kind was n ruk sonder asem gewees. Haar bloed is getoets en die uitslag wys sy het n kiem in haar bloed en dit is besig om te groei. Sy is op n drup gesit. Kan dokter my asb meer vertel van die kiem. Ek het ongelukkig nie die kiem se naam. Die dokter wat haar ondersoek wil n brein scan doen.

Reply to marlene

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.