Childhood Diseases

Question
Posted by: Christy | 2009/01/19

Q.

Koors en diaree

My 4 jarige seuntjiehet die naweek koors gehad vir so 2 dae en toe die koors breek het sy magie vir ' n dag geloop en nou is hy weer piekfyn. ' n Paar maande gelede het presies dieselfde gebeur. Eers die koors vir so 2 dae en toe die loop magie. Is dit toevallig of is dit iets waaraan ek moet aandag gee. Hy is andersins ' n gesonde, woelige seuntjie. Hy is halfdag in ' n kleuterskooltjie.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seuntjie se simptome word as gevolg van 'n maaginfeksie veroorsaak. Aangesien hy 'n kleuterskool bywoon is dit miskien iets wat hy daar eet wat hierdie siekte veroorsaak, veral indien hy daar eet en die mense wat die kos voorberei nie hulle hande gereeld was nie. Hy het nou heeltemal herstel en daar is geen rede om enige behandeling te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.