Childhood Diseases

Question
Posted by: Elsa | 2012-07-27

Q.

Koors

Dr, ons dogtertjie is amper 14 maande oud, weeg 11,6kg. Sy het n rukkie gelede gesukkel met n loop neusie en bietjie gehoes, niks ernstig. Woensdag het die creche gebel om te se toe sy opstaan na haar middag slapie was haar koors 39,4. Ek het gese hulle moet haar 3,5ml Nerofen stropie gee (volgens my pediater), die aand het ek n Ponstan setpil ingesit, sy het baie onrustig geslaap maar het nie weer koors gehad nie. Gistermiddag dieselfde, creche bel weer na middag slapie, koors weer 38,7. Weer Nerufen gegee, gisteraand weer setpil, koors af maar onrustig geslaap, baie wakker. Die neus loop maar nog so bietjie en sy hoes nog maar nie konstant nie. Ek nebulize haar ook nou saans met oplossing wat apteker gegee het, hy wil nie hoesstroop ook vir haar gee nie. Wat kan die rede wees vir die koors wat net middae opgaan? Deur die dag is sy ok, gister het sy net begin sleg eet en gist aand ook nie haar bottel opgedrink nie. Ek spuit ook saans Sterimar om neusie oop te hou. Wat is die simptome van RSV? Sy het 2 maande terug die Adeno virus gehad.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dankie vir 'n baie goeie vraag.Daar is 'n hele paar moontlike redes vir jou dogtertjie se baie hoe koors.Dit is ook die patroon dat 'n kind se koors hoer sal wees in die middag in vergelyking met die oggend. Een moontlikheid is dat sy besig is om baba masels [Roseola] te ontwikkel. 'n Ander moontlike rede is dat sy 'n RS onsteking het met moontlike longontsteking.Ander moontlike redes is miskien 'n oor of blaas ontsteking wat ook geneig is om 'n hoe koors te veroorsaak. Dit is nodig dat sy deur 'n pediater of dokter met ondervinding in kindersiektes ondersoek moet word.Die beste sal wees om haar na die naaste na-uur pediatriese eenheid te neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.