Childhood Diseases

Question
Posted by: pixie | 2008/07/16

Q.

KOLIEK

Goeiedag,

Ek is nou 35 weke swanger en was vandag vir 'n voorgeboorte klas.

Volgens die suster is daar nou bevind dat die kanse groter is vir 'n koliek baba indien die swanger ma vaginale infeksies gekry het aangesien dit die fetus se intestinale flora vernietig.
Is dit die waarheid?

Dan, het sy ook aanbeveel dat ek Novalac AC gebruik instede van S26 Gold (ek gaan nie borsvoed nie en is 'n groot voorstaander van S26 Gold). Ek het die bestandele vergelyk en sover ek kan sien bevat S26 Gold steeds meer voedingswaarde (itv die bestandele se mg dosisse). Is daar iets wat Novalac bevat wat S26 Gold nie bevat nie (dalk het ek dit gemis?) Wat sal u aanbeveel?

Baie dankie :-) :-) :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen rede vir kommer oor koliek op 35 weke en daar bestaan geen verband met vaginale infeksies en koliek nie.Daar is geen rede om die Novalac AC [anti-colic] te gebruik indien jou baba nie die simptome van koliek het nie. Gebruik liewers die S26 Gold.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.