Childhood Diseases

Question
Posted by: erica | 2008/11/14

Q.

klierkoors

My kleinseun van 4 1/2 jaar het al vir die afgelope vyf dae die volgende simptome:
geweldige hoe koors, moegheid, soms hoofpyn, het op dag vyf ' n uitslag wat soos klein puisies lyk. Dokter het bloedtoetse laat doen vir borsluiskoors, maar pataloog kan uitslag vir so ' n toets eers na 2 of 3 weke verskaf. Intussen is hy alreeds vir 4 dae op ' n breespektrum antibiotika asook koors medisyne gesit. As die koors breek, makeer hy nie veel en speel, maar koors kom telkens elke 5 - 6 uur met mening terug. Koors wissel vanaf 38 - 42 grade. Op dag vyf het dokter mikrobioloog geskakel, en die het aanbeveel dat ons hom op Clarihexal sit. 50ml is voorgeskryf, waarvan ek hom 5ml - 3 maal per dag moet gee. Hulle vermoed ook dat dit dalk klierkoors kan wees. Het u enige voorstelle, aangesien ek voel ons moet tot ' n punt kom met hierdie diagnose, aangesien die koors wat telkens opvlam hom regtig baie siek laat voel. DRINGEND ASSEBLIEF !!!!!!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou kleinseun se simptome kan beslis toegeskryf word aan klierkoors. Hierdie siekte is redelik maklik om te diagnoseer deur twee bloedtoetse.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Francine | 2009/04/09

Ek is op soek na meer inligting oor die simptome van borsluiskoors en klierkoors

Reply to Francine

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.